KAAS EN UIE PATEé – CHEESE AND ONION PATé
2 groot uie, grof gekap
1 K gerasperde sterk Cheddar kaas
1/2 K vars room of coconut CREAM
Olyfolie en klapper-olie vir braai
Braai die uie stadig tot amper bruin maar nie almal moet bruin raak nie.
Voeg die room of klapperroom by.
Roer deur.
Voeg die kaas by.
Roer deur.
Maak baie fyn met ‘n stokmenger.
Giet in ‘n mooi Paté bakkie en plaas in yskas tot gestol.
Lekker by crackers, Chipniks of gebreekte broodstukke.
As jy dit warm hou kan jy dit ook as ‘n lekker warm kaas en uie sous bedien by vleis of hoender of fondue!
